Artwork for podcast Nuusmakers met Mia Spies
26/03 - Kom ‘n Paastyd-inperking?, ‘Shut up’, hoor Zondo én nuwe onteieningswet by laaste hekkie
Episode 526th March 2021 • Nuusmakers met Mia Spies • Mia Spies & Volume
00:00:00 00:11:38

Share Episode

Shownotes

Almal wil weet, gaan ons na ‘n strenger inperkingsvlak skuif voor Paasnaweek, en wat gaan dit behels; Dit was ‘n besige week by die Zondo-kommissie, daar is iets gesê wat adjunkhoofregter Raymond Zondo “nog nooit voorheen in ‘n hof of kommissie gehoor het nie”; Grondkenner prof. Elmien du Plessis vertel ons waar die proses tans is met die onteieningswetsontwerp, sy sê SA sal dalk al teen Mei weet of die Grondwet aangepas gaan word om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak, Die minister van hoër onderwys Blade Nzimande sê studentebetogings maak hulle “angstig”; én die brandstofprys gaan glo skerp styg volgende week, so maak jou motor voor Woensdag vol!

Chapters