Artwork for podcast Nuusmakers met Mia Spies
“Stappe is geneem, én lesse is geleer” só vertel US-viserektor prof. Hester Klopper vir Mia Spies ná ‘n reeks omstrede voorvalle by Maties
Episode 592nd June 2022 • Nuusmakers met Mia Spies • Mia Spies & Volume
00:00:00 00:24:43

Share Episode

Shownotes

Universiteit Stellenbosch het die laaste ruk opslae gemaak ná ‘n reeks opspraakwekkende én ontstellende voorvalle. Daar was wydverspreide woede toe ‘n wit student verlede maand op ‘n swart student se lessenaar urineer het. In dieselfde week is nóg ‘n beweerde rassistiese voorval én ‘n beweerde verkragting óók by die instelling aangemeld. Prof. Hester Klopper, viserektor vir strategie, globale en korporatiewe sake praat met Mia Spies oor die lesse wat die instelling geleer het en wat gedoen word om súlke voorvalle in die toekoms te probeer voorkom.

Chapters