Artwork for podcast Nuusmakers met Mia Spies
Wat makeer die weer? Mia Spies praat met klimaatwetenskaplike prof. Francois Engelbrecht wat waarsku dat meer gereelde vloede én droogtes wag
Episode 556th May 2022 • Nuusmakers met Mia Spies • Mia Spies & Volume
00:00:00 00:29:16

Share Episode

Shownotes

Die dodelike vloede in KwaZulu-Natal verlede maand het ‘n spoor van verwoesting agtergelaat en word as een van die ergste natuurrampe in Suid-Afrika se geskiedenis beskou. Terwyl inwoners nog die stukke van hulle lewens optel, maak kenners sin van die wetenskap daaragter. Prof. Francois Engelbrecht, ‘n wêreldkenner op die gebied van klimaatsverandering, verbonde aan Wits-universiteit, sluit by my aan om oor dié soort uiterste weertoestande te praat.

Chapters